Rand lig sy kop teen dollar

Deel op

randdollarDie rand het Maandagoggend gesonder teen die dollar vertoon en die goudprys het ook sy kop gelig.

Vandag is ‘n openbare vakansiedag in die VSA. Amerikaners herdenk George Washington, die land se eerste president, se verjaarsdag wat altyd op die derde Maandag in Februarie val, selfs al is Washington op 22 Februarie 1732 gebore.

Die dollar vertoon swak nadat ekonomiese goeisyfers uit die VSA nie bemoedigend was nie.

Produksie het onverwags in Januarie die skerpste daling sedert Mei 2009 getoon. Die daling word toegeskryf aan onverwagse koue winterweer, wat kleinhandelverkope negatief geraak het.

Die rand het teen 08:20 op R10,86 teenoor die dollar verhandel en die pond het die hoogste vlak teenoor die dollar sedert November 2009 bereik.

Sowel die Australiese dollar as die jen het veld gewen teen die Amerikaanse geldeenheid.

Die Federale Reserweraad sal waarskynlik besluit om aan te hou om geld te druk en dus sal kwantitatiewe verligting (QE) nie afgeskaal word nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.