Zuma se seun verbind met onwettige sigaretsmokkel

Deel op

smugglecigarettesPresident Jacob Zuma se seun Edward is betrokke in ‘n stryd met SAID.

Die inkomstediens beweer hy smokkel sigarette en steek miljoene weg van die wins wat hy maak.

Zuma se regstryd met die SA Inkomstediens het in 2011 begin, maar dit sal na verwagting hierdie week weer opvlam as sy Amalgamated Tobacco Manufacturing (ATM) maatskappy verskyn nadat hulle ‘n SAID-sperdatum op 25 Januarie verontagsaam het.

Die geskil kom na ‘n ondersoek na ATM se sigaretvervaardigingbedryf in Pietermaritzburg in 2011.

Die duur fabriek is ingevoer uit China en Chinese werkers beman die toerusting. ATM is in 2009 geïnkorporeer.

Die maatskappy is geregistreer om tabakverwante produkte te vervaardig en te versprei.

Amptenare van die SAID het toegeslaan op die perseel, beslag gelê op goedere en masjinerie, en die fabriek gesluit.

ATM is later toegelaat om weer te heropen, maar Zuma en sy vennote is steeds in ‘n bitter stryd gewikkel met amptenare van die SAID.

Zuma beskuldig die belastinggaarder van korrupsie, rassisme en ‘n smeerveldtog teen hom.

Zuma se vennote in die onderneming sluit sakemanne Paul de Robillard en Yusuf Kajee in. Zuma het egter bedank as direkteur van ATM in 2011.

Ondersoeke na die maatskappy het in 2010 begin nadat die SAID vermoed het dat die maatskappy betrokke is by die invoer van tabak uit Zimbabwe en die verspreiding van vervaardiging van sigarette sonder om die nodige belasting en aksyns te betaal.

Binne ‘n jaar is byna 8,5 miljard onwettige sigarette is in Suid-Afrika gerook en die regering het meer as R5 miljard aan belasting verloor.

Oor die afgelope drie jaar het die verlore belasting byna verdriedubbel tot R12 miljard.

OTM verklaar glo die vervaardiging van 972.000 sigarette, of ongeveer 15.800 pakkies. Maar SAID het bewyse gevind van die vervaardiging van minstens 3,8 miljoen sigarette, of 190.000 pakkies.

SAID-woordvoerder Adrian Lackay het ontken dat ATM geteiken word. Hy het gesê tydens Desember 2013 is gereelde inspeksies uitgevoer op ‘n aantal pakhuise, vervaardigingsaanlegte, asook invoerders en uitvoerders.

“As deel van hierdie intervensie, kan die SAID bevestig dat twee groot tabakprodukte uitesonder is gedurende Desember 2013 , waar die potensiële verlies aan inkomste vir die staat ‘n paar honderd miljoene rand beloop.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.