Twee van die Waterkloof-vier weer aangehou

Deel op
Becker se selfoonopname
Becker se selfoonopname

Die departement van Korrektiewe Dienste sê volgens die Wet op Korrektiewe Dienste kan gevangenes wat uit is op parool weer in hegtenis geneem word en vir tot 72 uur aangehou word, hangende ‘n ondersoek.

Twee lede van die Waterkloof-vier is Sondag weer in hegtenis geneem nadat selfoonopnames van ‘n gefuif in die tronk uitgelek het.

Christoff Becker en Frikkie du Preez, albei 27, het glo vryelik toegang tot alkohol en selfone in die tronk gehad en die beeldmateriaal is op sosiale media versprei.

‘n Woordvoerder van die departement, Manelisi Wolela het bevestig dat twee van die vier weer in hegtenis geneem is. Hy sê die bewerings word in ‘n ernstige lig beskou.

Die twee is Dinsdag op parool vrygelaat nadat hulle die helfte van hulle twaalf jaar vonnis uitgedien het vir die moord op ‘n hawelose man in Pretoria-Oos in 2001.

In ’n verklaring het Wolela gesê die twee is weer in hegtenis geneem in verband met ’n ondersoek na bewerings dat drank in die tronk ingesmokkel is en hulle na bewering ’n partytjie in die tronkselle gehou het.

’n Ondersoek daarna sal in die volgende 72 uur gedoen word.

Hulle is in die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria aangehou.

“Die DKD-kommissaris in Gauteng het die ondersoek reeds gelas,” het Wolela gesê.

Becker en Du Preez, wat verlede Dinsdag op parool vrygelaat is, en die beamptes wat tydens die maak van die selfoonopname aan diens was, sal ondervra word.

Die ander twee lede van die groep wat uit is op parool het geen kontak meer met Becker en Du Preez nie en is nie betrokke by die voorval nie.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.