Honderde Zama-Zamas in myn vasgekeer

Deel op

zamazamaHonderde Zama-Zamas, of onwettige myners kan steeds in ‘n ongebruikte mynskag in Benoni in die Oos-Rand vasgekeer wees.

Van die onwettige myners het Sondagaand geweier om uit die skag te kom nadat hulle besef het hulle sal in hegtenis geneem word vir hul roofbedrywighede.

Die Ekurhuleni-nooddienste het Sondag elf van die myners uit die mynskag van Gold One in Benoni gered.
Hulle is sedert Saterdagmiddag daar vasgekeer.

Nooddienswerkers moes die reddingspoging laat vaar omdat die oorblywende myners geweier het om uit die skag te kom. Die reddingspanne sal nie terugkeer nie.

Die polisie en mynveiligheidswagte is steeds by die skag om die Zama-Zamas in hegtenis te neem wat dit bo-gronds waag.

Volgens die metropolisie is ‘n groep onwettige myners Saterdag met hul buit deur ‘n ander groep Zama-Zamas oorval en beroof en daarna terug in die skag gedwing.

Die rowers het toe groot rotsblokke in die skag afgegooi.

Die mynskag is ongeveer 7 m diep, waarna dit in ‘n sygang vertak. Rotse en sementblokke verstop tans die sygang.

Ekurhuleni se noodwerkers en mynreddingspanne moes Sondag ure lank spook om die skag oop te boor om die vasgekeerdes ‘n ontsnapkans te bied.

Daar kan steeds soveel as 300 myners in die skag wees.

Die Ekurhuleni Metroraad sê daar sal nuwe strategie bedink moet word om onwettige mynbedrywighede in die gebied te keer.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.