Tiener in die nek geskiet na plundertog

Deel op

burningtyres‘n Sewentienjarige skoolmeisie is in die nek geskiet en beseer in ‘n wraakaanval deur Pakistani-winkeliers.

Tientalle betogers het na bewering die mans se winkels geplunder en het paaie met klippe en brandende motorbande versper.

Die buitelanders het daarna op ‘n skare swart leerlinge en voetgangers in Botleng naby Delmas losgebrand.

Volgens kolonel Jannie van Tonder van die SAPD was dit vermoedelik ‘n aanval deur die winkeliers in weerwraak op inwoners wat hulle winkels Donderdag geplunder het.

Die beseerde meisie is na ‘n waakeenheid by ‘n Witbank-hospitaal geneem.

Die SAPD het die winkeliers in hegtenis geneem en op ‘n gesteelde 9mm-pistool beslag gelê.

Die situasie in Delmas is gespanne.

Die ANC se kantoor in Botleng is vroeër aan die brand gesteek en ander geboue is beskadig.

Betogers, waaronder jong kinders, het Vrydag weer die strate ingevaar. Die polisie monitor die situasie.

Dinsdag, voor die skietery, is briewe is onder leerlinge versprei wat maan dat hulle weg van die skool moet bly en aan optogte moet deelneem.

Die jeugdiges beweer dat ‘n gebrek aan werksgeleenthede te wyte is aan ‘ n ​​korrupte verhouding tussen die mynbase en munisipale amptenare .

Hulle ook ‘n groot vragmotor wat aan ‘n wit boer behoort met bale veevoer Donderdagmiddag aan die brand gesteek.

Die twee Pakistani burgers sal binnekort in die hof verskyn op aanklagtes van poging tot moord en die besit van ‘n ongelisensieerde, gesteelde vuurwapen.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.