Hoekom die DA en VF+ verkeerd is

theron_johann2

deur Johann Theron

Die gereelde Gallup-verslag ondersoek die stand van werknemerdeelname wêreldwyd. Die jongste verslag van 2013 wys dat ekonomiese groei nie vinnig genoeg is nie en dat hoë werkloosheid in hierdie lande (insluitend SA) tot rewolusie kan lei.

Die verslag is soos altyd gemik op sakeleiers, maar dit is vanselfspreken dat daar  invloed op nasionale regerings en selfs die Verenigde Nasies kan wees. Die punt wat voortdurend beklemtoon word, is eenvoudig:

“Verbeter werknemer- (lees burgelike) deelname en die nasionale prestasie sal verbeter.”

Die rede hoekom dit sal verbeter is omdat produktiwiteit verhoog as deelname verhoog en dit is juis produktiwiteit wat Suid Afrika so ‘n netelige land maak. Gedurende die Mbeki-jare is Harvard-Universiteit versoek om oplossings te karteer maar hulle het net een vraag gevra:

“Hoe kan salarisse opgaan as produktiwiteit nie verbeter nie?”

joblessnessDie jongste Gallup-verslag wys dat Suid Afrika die swakste aktiewe deelname ter wêreld het. Die vooruitsig is ongelukkig dat SA in die toekoms nuwe rekords vir swak prestasie sal stel. Aan die ander kant is dit egter ook so dat SA die hoogste potensiaal ter wêreld het om te verbeter. Die potensiaal is om die waarheid te sê – enorm.

Die probleem met die DA en die VF+ is dat hulle hierdie sommetjies glad nie gemaak het nie.

Die verslag wys dat 46% van Suid Afrika se werknemers (lees burgers),  nie aktief deelneem nie, terwyl Kanada se syfer 14% is. Die potensiaalsommetjie is dat SA se produktiwiteit 3 keer kan verbeter deur  eenvoudige deelname te bevorder (moenie hierdie sinnetjie verkeerd verstaan nie).

Die probleem – so tipies van SA – is dat die DA en die VF+ na my mening die volgende doen:

Hulle weier om die probleem aan te spreek en so hulle kiesers te help, omdat hulle dit slegs sal doen “wanneer ons in beheer” is.  Hierdie arrogansie is amper narsissisties-sadisties omdat hulle letterlik sal toekyk hoe die land vergaan al weet hulle wat die pad is om te loop. Die gedagte wat onwillikeurig opkom is:  is die DA en die VF+ leierskap nie maar net so pateties soos wat die algemene media aandui oor swart leiers byna oral ter wêreld nie? Hulle gee immers ook nie om as daar dood en verwoesting gesaai word nie, solank daar ‘n veilige muur is om agter te skuil.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.