‘n Politieke genie sonder gelyke

Deel op
'n Tradisionele presedent?
‘n Tradisionele presedent?

Deur Madelein Jacobs

Die afgelope paar maande het veral Naarperskoerante se Afrikaanse skrywers en redakteurs, elke dag die einde van staatspresident Jacob Zuma aangekondig.

Maar met die tradisionele Zoeloe van Nkandla se onlangse staatsrede in Naarpers se Kaapstad, het Jacob Zuma se aansien en mag net verder vermeerder.

Vir die Zoeloebevolking van Kwazulu-Natal, lyk Jacob Zuma met sy netjiese gevolg na ‘n gesagvolle superleier wat alle vyandige aanvalle deur Naarpers oorleef, om net daarna in top presidensiele prag en praal vir Naarpers in hulle eie plek te gaan preek, waar einste Naarpers in die Kaapstad se pragtige parlement met openbare eerbied en eerbetoon na hom moet luister.

Beskou die kontras tussen Nkandla en Kaapstad tydens die staatsrede. Naarpersredakteurs, Naarpersskrywers en Naarpersleser is vandag verseker diep dronkgeslaan. Hoe is dit moontlik dat die korrupte en ongeskoolde tradisionele Zoeloe wat Naarpers nou al vir maande en jare intensief en selektief bespot, verkleineer en demoniseer, net groter en sterker in die wêreld figureer?

Naarpers se kontras-strategie was wetenskaplik: Verhef die heilige Tata Madiba van die Oos-Kaap bo alle aardse mense, en vergelyk hom met die domste en skelmste Zoeloe in die land, Jacob-stortkop met standerd vier van korrupte Nkandla in Kwazulu.

Maar Zoeloe-Zuma verkry in die politieke Naarpersproses net meer aansien en mag.

Daar moet iets wees wat kosmopolitaanse Kapenaars, liberale blankes, intellektuele Afrikaanses en sommige konserwatiewe Afrikaners nie van ingewikkelde Suid-Afrikaanse stampolitiek en tradisionele Zoeloes verstaan nie, om so openlik die pot mis te kan sit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.