Midmarswemmer se lyk gevind

Deel op
Thabo van Straaten
Thabo van Straaten

Die lyk van die man wat Saterdag gedurende die Midmar-myl in Howick, KwaZulu-Natal, vermis geraak het, is Donderdagmiddag gevind.

Geen sigbare besering was aan Thabo van Straten (43) se lyk wat dadelik ‘n leidraad kon verskaf tot die oorsaak van sy dood nie.

Van Straten is positief uitgeken aan die resies se registrasiebesonderhede op sy swemklere.

Die polisie se K9-soek-en-reddingspan het die laaste ses dae na Van Straten gesoek.

Kapt. Lolly Moodley, polisiewoordvoerder in Howick, het gesê Van Straten se lyk is Donderdag omstreeks 16:30 gekry. Een van die polisiehonde het hom opgespoor.

Volgens Moodley sal die oorsaak van sy dood eers ná ’n lykskouing bekend wees.

“Die lyk het omtrent 800 m van die beginpunt van die resies gedryf.

Die deel van die dam waar die lyk gevind is, is ongeveer 15,8 m diep.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.