Paniek toe OR Tambo se ligte uitgaan

tamboOR Tambo Internasionale Lughawe is Dinsdagaand in chaos gedompel toe die aanloopbaanligte die gees gegee het.

Talle vliegtuie was gestrand en ander is desnoods toestemming geweier om te land.

Die stukkende ligte sal ondersoek word deur die Lughawensmaatskappy SA .

Acsa se woordvoerder, Unathi Batyashe-Fillis het gesê die ligte van beide die lughawe se aanloopbane het omstreeks 19:00 uitgedoof.

“Die kragtoevoer het weens tegniese probleme afgegaan, wat binne 35 minute opgelos is. Normale bedrywighede het sedertdien hervat,” het sy gesê.

‘n Amptenaar van die lughawe se noodpersoneel het gesê die ligte word deur ‘n rekenaar beheer.

“Ondersoekbeamptes bekyk tans die stelsel om te sien wat verkeerd geloop het,” het hy gesê.

‘n Passasier op die vlug BA6236 van Port Elizabeth het gesê passasiers was “doodstil” toe die vlieënier aankondig dat daar ‘n probleem is en hy nie op OR Tambo kan land nie.

“Toe hy sê die ligte is uit en ons het net ‘n beperkte hoeveelheid brandstof oor, het mense begin bid,” sê die passasier, wat gevra het om anoniem te bly.

Hy het gesê die vliegtuig moes vir ongeveer 10 minute oor die lughawe sirkel voor die vlieënier aangekondig het dat hulle gaan land, het The Times berig.

“Jy kon die spanning voel, jy kon die bekommernis sien op mense se gesigte, veral toe ons die ligte van noodvoertuie langs die aanloopbaan sien.”

In amptelike verklarings is die insident egter onderspeel.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.