Ipsos: Steun vir Zuma lou

Deel op
Die Parlement, Nasionale Sleutelpunt
Die Parlement

Op die vooraand van president Zuma se staatsrede, wanneer hy die parlement in Kaapstad open, het die Ipsos-prestasiebarometer wat die regering, senior ampsdraers elke ses maande gedoen peil, bevind dat steun die die president lou is.

Zuma sal waarskynlik is sy staatsrede klem lê op die koers wat die regering na die verkiesing wil neem.

Dit sal ook die eerste keer wees dat die president se staatsrede in al die amptelike landstale gehoor kan word.

Parlementslede en gaste sal op die taal van hul keuse kan inskakel nadat nuwe tegnologie in die groot raadsaal aangebring is.

Marknavorsing toon dat in die vyf jaar na die vorige verkiesing minder Suid-Afrikaners voel dat die regering steeds op die regte pad is.

Dié navorsing is in November verlede jaar deur Ipsos gedoen.

Die helfte van Suid-Afrikaanse volwassenes glo dat president Jacob Zuma en sy regering nie hul werk na behore doen nie, terwyl 29 persent glo die Zuma-regering vaar redelik goed, en 17 persent glo dat die president baie goed presteer.

Die direkteur van openbare aangeleenthede van Ipsos, Mari Harris sê die afname was veral die afgelope drie jaar.

Die navorsing is bekendgemaak op die vooraand van president Zuma se staatsrede.

Verskeie strate in en om die parlement sal voor Donderdagaand afgesper word vir die opening om sewe-uur.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.