ANC ontken brandstigting by SAKP-huise

Deel op

sacpDie ANC in die Nelson Mandelabaai Metro het homself gedistansieer van brandstigting by huise wat aan lede van die Kommunisteparty in die KwaLanga-township in Uitenhage behoort.

Dit volg nadat die huis van ‘n optogorganiseerder met petrolbomme bestook is, het RSG berig

Dit word beskou as ‘n weerwraak-aanval omdat die SAKP onlangse betogings oor grond gelei het.

Vroeër is twee huise wat aan ANC-raadslede behoort, afgebrand.

‘n ANC-raadslid en voorsitter van die Portefeuljekomitee oor Huisvesting, Vuyisele Mkavu, sê gerugte dat hulle die weerwraak-aanvalle op leiers van die SAKP uitgevoer het, is blote bespiegelings.

Hy sê getuies moet vorendag kom sodat dit deur die hof ondersoek kan word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.