Sterftes tydens oproer neem toe

Deel op

unrestDaar was ‘n skerp styging in die aantal sterftes tydens oproerige diensleweringprotes in Suid-Afrika ná 2009.

Die opstande word ooglopend deur politieke opportunisme van die veral die DA en EFF gedryf, wat ontevrede voel dat hulle nie al die voordele van mag geniet nie.

Die duidelike toename in geweld kom ná president Zuma in 2009 as president aangewys is en sy gewildheid as leier ten spyte van skandale en fel kritiek verbasend bestendig gebly het.

Ontevredenheid in gemeenskappe oor sogenaamde dienslewering word dus deur politieke faksies aangevuur om die regering te probeer destabiliseer.

‘n Totaal van 43 betogers is na bewering deur die polisie gedood tussen 2004 en 2014.

Dit sluit nie die 37 mynwerkers wat by Marikana in 2012 omgekom het nie, maar sluit wel die sewe mense in wat hierdie jaar gedood is.

‘n Databasis van gemeenskapprotes sedert 2004, saamgestel uit van berigte in die media en ander bronne, deur die Universiteit van Johannesburg toon die styging.

Die aantal sogenaamde diensleweringsbetogings word jaarliks ​​in Suid-Afrika sedert 2004 meer en sedert 2009 meer gewelddadig, het die Eenheid vir Sosiale Verandering gesê.

Protes word in UJ se navorsing deels aan politieke faksievorming gekoppel, maar die hoë voorkoms van etniese geweld en gevalle waar Boedoegereg oorneem en moetiemoorde tot geweld lei, is nie deur die Eenheid ondersoek nie.

Daar blyk ook ‘n duidelike verhouding tussen verkiesings en betogings te wees.

Gemeenskapsprotes het van 162 gevalle in 2008 skielik tot 314 in 2009 die hoogte ingeskiet na die April verkiesings. Dit dui op opposisiepartye se frustrasie om die politiek in hulle guns te probeer beïnvloed.

Die aantal betogings het ‘n hoogepunt bereik met 470 in 2012. Dit beteken meer as ‘n protes per dag, maar het gedaal tot 287 verlede jaar.

Die hoë vlak van werkloosheid onder jong mense is ‘n groot faktor wat deur opposisiefaksies uitgebuit word.

In teenstelling met werkers wat staak, maar deur streng wetgewing begrens word, kan die werklose opportunis maklik amok maak, klippe gooi, bande brand, die naaste winkel plunder en regeringsgeboue in ligte laaie laat, sonder veel risiko.

Indien hierdie misdadigheid en vandalisme boonop as polities geregverdig voorgehou word deur “navorsers” met ‘n agenda, sal die konflikpotensiaal bly styg.

Die redes wat aanleiding gee tot geweld is legio, wat die opportunistiese aard daarvan verder beklemtoon.

Volgens UJ se navorsing, is politieke verteenwoordiging onder die top vyf griewe wat mense aanspoor om die strate in te vaar. Onder die meeste swart Suid-Afrikaners is politiek ‘n uiters gewilde loopbaankeuse, en dikwels die enigste.

Dié eensydige beskouing is selfs onlangs deur ‘n minister in die presidensie, Trevor Manuel gekritiseer.

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.