MeerKAT se antennabasisse voltooi

Deel op

skaDie finale betonbasis, nommer 64, vir die MeerKAT-teleskoopantennaplan is by die SKA-terrein buite Carnarvon in die Karoo gelê.

Byna 5.000 kubieke meter beton en meer as 570 ton staal is gebruik om die fondamente te giet, ‘n projek wat nege maande geneem het om te bou.

MeerKAT is die Suid-Afrikaanse voorloper tot die SKA-plan, die wêreld se grootste radioteleskoop, wat in Afrika en Australië gebou word.

Selfs met windvlae van tot 69km/h moet wetenskaplikes in staat wees om die skottels te rig op die verre hemelse voorwerpe met groot presisie, en die antennas moet in staat wees om windspoed van tot 144 km/h te weerstaan,” het die SKA gesê.

Alle ander MeerKAT-infrastruktuur moet voltooi wees teen die einde van Maart. Afrondingswerk is tans volstoom aan die gang.

Die verwerkinginstallasie is ‘n gespesialiseerde ondergrondse bunker wat beskerm word teen radiofrekwensieinterferensie en sal die verwerking van data, kragtoevoer en rugsteuntoerusting wat benodig word vir MeerKAT, huisves.

Die Britse optiese vesel-kontrakteur, Plessey, sal die kabelverbinding behartig.

Elke MeerKAT antenna sal 19,5m hoog wees, en elke volledige antenna (basis, voetstuk en bak) sal 42 ton weeg.

Sodra al 64 antennas van dié sensitiewe radioteleskoop operasioneel is, sal die instrument sensitief genoeg wees om ‘n selfoonsein van Saturnus op te vang.

Groot vraag na data van die Meerkat-teleskope bestaan glo reeds.

Tydens die tweede deel van BRICS se ministeriële vergadering oor wetenskap op die Karoo-dorp, is die wetenskaplike waarde van die SKA beklemtoon.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.