
Die dogter van die vermoorde leier van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP), Chris Hani en lid van AgangSA, het na Cope oorgeloop.
Vanessa Hani, sal ‘n groot aanwins vir die party wees,het Cope se sekretaris-generaal, Lyndall Shope-Mafole, in ‘n verklaring gesê.
Hani het gesê dit was ‘n moeilike besluit om AgangSA te verlaat.
Dit het onlangs bekend geword dat AgangSA vanuit die buiteland befonds word en gedwing word om aan sekere voorskrifte van die geldskieter te voldoen.
Shope-Mafole het gesê Hani se besluit wys Cope se groeiende aantrekkingskrag en dat dit die “enigste alternatief vir die regerende party is”.
Hani het gesê die huidige politieke leierskap kan nie die land “demokraties of verantwoordbaar lei nie”.
Sy het nie kommentaar gelewer op Agang-leier Mamphele Ramphele se onlangse noodlottige politieke manoeuvres om ‘n DA-samemeltingooreenkoms binne vyf dae te laat ineenplof nie.