Vars menskoppe op die spyskaart

Deel op
Bokassa
Bokassa

Twee vars mensekoppe is in ‘n Nigeriese hotelrestaurant in Onishta te ete aangebied. Die dis is as “geroosterde kop” op die spyskaart aangedui, het die International Business Times berig.

Die polisie het op die hotel se restaurant toegeslaan ná gerugte dat mensvleis daar bedien word. Hulle het afgekom op twee vars mensekoppe, deurdrenk van die bloed en toegedraai in sellofaan.

Inwoners is glo nie verbaas deur die restaurant se aanbieding nie, want die omgewing is glo die uithangplek van onverkwiklike siele.

 ‘n Pastoor was nogtans geskok om te ontdek dat hy mensvleis geëet het.

“Ek het gedink die vleis is baie duur, maar ek het nie besef dis omdat dit mensvleis was nie.”

Dié afskuwelike vonds het na die sluiting van die restaurant in die Nigeriese staat van Anambra gelei.

Beslag is ook gelê op twee AK-47-gewere, ander wapens, ammunisie en verskeie selfone.

Daar is voortdurend berigte van kannibalisme in Nigerië, maar dis die eerste keer dat ‘n restaurant betrap is dat hy mensvleis op die spyskaart aanbied.

In 2012, is Joshua Akindele, ‘n 56-jarige, in hegtenis geneem nadat hy by die polisie aangemeld is omdat hy na bewering kannibalisme beoefen.

Tydens sy ondervraging, het Akindele erken dat hy kannibalisme beoefen en menslike liggaamsdele vir rituele doeleindes verkoop.

Hy het beskryf hoe hy sy niksvermoedende slagoffers oor die kop geslaan het en hulle liggame in ‘n gat gesleep het wat gedien het as sy skuilplek.

Hy het die menslike verkoop aan sekere kerke gereelde kopers en sommer self daarvan geëet. Hy het ook vertel dat mensvleis duur is.

Ander kannibale het vertel dat hulle die dele van politieke en godsdiensvyande eet uit weerwraak.

In een onlangse geval in die Sentraal-Afrikaans Republiek het ‘n man sy slagoffer van die bus getrek, geslaan, gesteek en aan die brand gesteek nadat hy petrol oor hom uitgegiet het.

Daarna het hy sy been in die openbaar geëet. Die voorval is afgeneem deur omstanders met hul selfone, maar niemand het Ouandja Magloir probeer keer nie.

‘n Vorige diktator van die SAR vanaf 1966 tot 1979, Bedel Bokassa, was ook ‘n mensvleisliefhebber.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.