Suid-Afrikaanse ekspedisielid dood

Deel op

gougheiland‘n Suid-Afrikaanse ekspedisielid van ‘n span na Gough-eiland in die Suid-Atlantiese Oseaan, is oorlede.

Johannes Adriaan Hoffman, is Dinsdagoggend tydens sy tweede ekspedisie dood.

Zolile Nqayi, ‘n woordvoerder van die departement van omgewingsake het gesê die oorsaak van sy dood word tans ondersoek.

Hoffman is dood in sy bed aangetref nadat hy vermoedelik aan braaksel verstik het. Hy is die tweede Suid-Afrikaner wat tydens ‘n ekspedisie van die aard dood is

Nqayi het gesê die departement sal reëlings tref om sy liggaam van die eiland na Suid-Afrika terug te bring. Sy mede-ekspedisielede sal traumaberading ontvang.

Hoffman het meer as 15 jaar ervaring as ʼn elektroniese tegnikus in die ontwikkeling en instandhouding van elektroniese en kommunikasiestelsels.

Hy het soortgelyke ekspedisies vir die departement na Marioneiland en die Antarktika-basis onderneem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.