DA wou helms, skerms en skokstokke instuur

Deel op

daclashDie ANC het aansoek gedoen om ‘n bevel wat die DA sou verhoed om na Luthulihuis op te ruk, nadat dit aan die lig gekom het dat die DA beplan het om ‘n veiligheidsonderneming gewapen met veiligheidshelms en -skerms sowel as skokstokke in te stuur.

In die lig van dié openlike provokasie het die ANC in reaksie ‘n menseketting om die hoofkantoor te vorm met ANC-lede wat hande vashou.

ʼn Dringende aansoek deur die ANC om Woensdag se DA-optog na Luthulihuis te keer, is egter deur die Suid Gautengse hooggeregshof in Johannesburg van die hand gewys nadat die DA afgesien van ‘n opmars na Luthulihuis.

Die DA het in die hof afgesien van hul uittartende en uitlokkende opmars nadat dit duidelik geraak het dat hulle optrede daarop gemik is om konfrontasie te soek.

“Ons is verheug oor die feit dat die DA in die hof ooreengekom het om nie naby die ANC-hoofkantoor te kom nie.”

“Dit is ‘n verkiesingsfoefie. Dit is bedoel om ons uit te lok, die kwessie te vertroebel en die aandag weg van die stand van die nasie te verskuif,” het die ANC se NUK-lid Malusi Gigaba gesê.

Die ANC het gesê hulle sal nie in dieselfde strik as Cosatu trap nie. Costau-lede was betrokke by skermutselinge met DA-lede.

“Ons kan snaakse woorde op hulle skree, maar daar sal nie ‘n fisiese konfrontasie tussen ons wees nie,” het Gigaba gesê.

‘n Blou see van DA-ondersteuners in hul T-hemde is by die vergaderpunt in Westgate saamgetrek, waar hulle “struggle”-liedjies dreunsing.

Die spanning in die middestad van Johannesburg is tasbaar. Praag het van bronne op die toneel verneem dat die ANC in groepe by sekere kruisings saamgetrek is.

Sauer-straat, waarin Luthulihuis is, is gepak met ANC-ondersteuners en stalletjies wat kleding en kos verkoop.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.