Bin Laden-toesmeerdery met epos onthul

Deel op

Judicial Watch se voorsitter, Tom Fitton, het Maandag gesê ‘n epos oor Osama Bin Laden se vermeende dood, “onthul die minagting vir die oppergesag van die reg en die Amerikaanse volk se reg om te weet”.

devgru
DEVGRU-groep

Die epos wat pas bekend gestel is, toon die Amerikaanse weermag se top-beampte van spesiale operasies wat ondergeskiktes beveel om enige foto’s van Bin Laden se lyk te vernietig of aan die CIA te oorhandig.

Judicial Watch, ‘n konserwatiewe geregtelike groep het toegang tot die epos verkry.

Verskeie meningsvormers in die VSA beweer dat die hele operasie ten Bin Laden ‘n skelm oëverblindery was.

Paul Craig Roberts is voorts van mening dat ‘n span spesialemagsoldate, SEAL Team Six, of die DEVGRU-groep deur hul eie regering vermoor is om die waarheid te verbloem.

‘n Pakistanse nuuskanaal het vroeër bevestig dat Bin Laden reeds oorlede was lank vóór die sogenaamde Amerikaanse aanval op sy woning.

Dié onthullende epos is 11 dae ná Bin Laden kwansuis deur Amerikaanse magte doodgemaak is, gestuur.

In die e-pos wat op 13 Mei 2011 gestuur is, sê adm. William McRaven, wat die hoof van die Amerikaanse spesiale operasies is, aan militêre beamptes dat foto’s van Bin Laden se lyk reeds aan die CIA oorhandig of vernietig moes gewees het.

Bin Laden is 11 dae vroeër in Abottabad, tydens ‘n lewendige uitsending aan die Withuis, “doodgemaak”.

McRaven se bevel het gekom 10 dae ná die Associated Press onder die Amerikaanse wet op vryheid van inligting vir die foto’s en ander dokumente gevra het.

 

 

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.