NVG ontken ondersoek na beeldmateriaal van dossiere in asblik

Deel op
Mpsiane, links, die dag van Mandela se begrafnis by die R8,2 miljoen Wraith
Mpsiane, links, die dag van Mandela se dood by hul R8,2 miljoen Wraith

Die Nasionale Vervolgingsgesag het bewerings ontken dat die hoofaanklaer in KwaZulu-Natal, Moipone Noko, die dossiere in ‘n multi-miljoenrand belastingsbedrogsaak laat verdwyn het.

In nog ‘n kinkel in die mislukte verhoor teen die Durbanse tenderpreneur Mpisane, kan die provinsie se hoofaanklaer krimineel vervolg word as inkriminerende beeldmateriaal oor die verdwyning van die dossiere geverifieer word.

Die dossiere hou verband met die belastingbedrogsaak van Shawn Mpisane.

Die Durbanse Streekhof het verlede maand 119 aanklagte van bedrog teen Mpisane teruggetrek.

Die verhoor het byna vier jaar geduur.

Geslotekringbeeldmateriaal wys die aankaler Noko waar waar sy hoogs sensitiewe, vertroulike lêers betreffende die saak in ‘n asblik gooi.

Net dae voor Mpisane se verhoor is die saak van die rol geskrap by die Durban-streekhof.

Dié onthullings kom kort nadat Mpisane beweer sy is onregverdig behandel deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG).

‘n Woordvoerder van die NVG, Nathi Mncube sê hulle het nog geen formele klagte ontvang nie.

Daar ook nie ‘n interne ondersoek teen Noko van stapel gestuur nie.

Mncube het ontken dat Noko deur die nasionale direkteur van openbare vervolging ondersoek word.

Met Mandela se afsterwe op 5 Desember het die Daytona-vertoonlokaal in Durban gespog met ‘n uitstalling van baie duur mobiele statussimbole om die swart ikoon se “nalatenskap te vier”.

Die ster van die uitstalling was die R8,2 miljoen Rolls Royce Wraith wat die nuwe eienaars, die motorentoesiaste, Sbu en Shawn Mpisane trots tentoongestel het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.