Die maatskaplike agentskap Sassa wat gemoeid is met die uitkering van staatstoelaes, sê die tenderproses vir die toewysing van uitkerings sal nie oorgedoen kan word nie.
Die Grondwethof het laat verlede jaar bevind dat die tenderproses ongeldig was.
Sassa sal betoë aan die Grondwethof rig om ‘n oplossing te vind sodat die betaling van die toelaes aan sowat vyf miljoen begunstigdes nie in die gedrang kom nie.
Die Hof het vroeër gelas dat ‘n verdere verhoor nodig sal wees om ‘n toepaslike regstelling vir die foutiewe tendersproses te vind.
Die ongeldigheidsbevel is opgeskort om te sorg dat die betaling van toelaes nie geraak word nie.
Sassa het egter aangedui dat dit nooit die bedoeling was dat betalings op ‘n permanente grondslag deur ‘n tweede party gedoen sal word nie
Sassa sal self uiteindelik die betaling van toelaes oorneem.