Moddereiland onder water

Deel op

modderHonderde mense in die suide van Engeland moes hulle huise verlaat nadat die Teems-rivier sy walle oorstroom en talle huise en sake-ondernemings onder die vloedwater deurgeloop het.

Weervoorspellers waarsku dat die rivier gaan bly styg, met nog swaar reën wat die volgende paar dae verwag word, het RSG berig

Rekord reënvalsyfers is reeds aangeteken. Veertien ernstige vloedwaarskuwings is intussen in die graafskappe, Surrey en Berkshire, wes van Londen uitgereik.

Die Britse hoofstad word deur die Teems-skansmuur beskerm. Dele van die suid-weste van Engeland is reeds weke lank onder water, ná die natste Januarie sedert 1766.

Inwoners pak die skuld op die Omgewingsagentskap, omdat hy blykbaar nie die plaaslike riviere skoongemaak het nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.