Zuma, Kubane na Brazzaville om ‘Cuito-oorwinning’ te vier

Deel op
Kubane ter slagting
Kubane ter slagting

President Jacob Zuma sal Dinsdag vieringe in die Kongo-Brazzaville bywoon vir die 25ste herdenking van die Brazzaville-vredesverdrag wat die burgeroorlog in Angola beëindig het.

Verteenwoordigers van die regerings van Angola, Kuba en Suid-Afrika het die vredesakkoord op 13 Desember 1988 in Brazzaville, Kongo onderteken.

Na die slag van Lomba waar die Russe en Kubane ‘n finale afranseling toegedien is deur Suid-Afrikaanse soldate, is die vyandelike magte by Cuito Cuanavale vasgekeer.

Die Brazzaville-protokol het ‘n mandaat vir die onttrekking van verslane Kubaanse troepe uit Angola geskep.

Nie Kuba of die Sowjet-Unie het destyds die middele gehad om die Kubaanse soldate dadelik te repatrieer nie. Kuba was ‘n vasalstaat van die Sowjet-Unie en geheel en al afhanklik van skenkings en hulp van die moederland.

Die teenwoordigheid van Kubaanse troepe in Angola – die destydse platsak Sowjet-Unie se duurste buitelandse militêre avontuur – sou dus nog tien jaar duur en die onafhankllikheid van Namibië vertraag.

Nadat die Sowjet-Unie in duie gestort het, lê Kuba se heil glo by die VSA as dwelmnodus. Die land is steeds ‘n ekonomiese puinhoop na dekades van Fidel Castro en sy broer Raoel se narrediktatuur.

Castro is ook deesdae een van Rusland se felste kritici nadat hy Gorbatsjof as ‘n uitverkoper uitgekryt het. Sy broer het onlangs by Nelson Mandela se roudiens egter met president Barack Obama van die VSA blad geskud.

Namibië se onafhanklikheid is deur die New York-ooreenkoms moontlik gemaak.

Afrika-lande en Kuba sal tydens die Brazzavile-vieringe hulde bring aan Nelson Mandela, wat 24 jaar gelede uit die tronk vrygelaat is, alhoewel Kuba deelgeneem het aan die oorlog in Angola met die uitsluitlike doel om kommunisme te “internasionaliseer”.

Ander sogenaamde “bevrydingsbewegings” in die streek sal ook aan die Brazzaville-verrigtinge deelneem ten spyte daarvan dat hulle byna geen rol in die oorlog gespeel het nie.

Die ANC sal deel wees van dié herdenking omdat hulle “aangesluit het by Kuba in Angola om te help veg”.

Volgens die SABC het “hierdie oorlog die apartheidsregering uit Angola verdryf, wat die weg baan vir Namibië se onafhanklikheid asook die ontbanning van die ANC en die vrylating van Nelson Mandela”.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.