Vyf swart aanvallers skiet man, martel vrou by Centurion

Deel op

rain‘n Egpaar wat in Mnandi buite Centurion op hul hoewe aangeval is, het in die vroeë oggendure van skote wakker geword.

Die vyf swart aanvallers het Rina de Villiers (70) se 73-jarige man Henk in die hart geskiet en haar vir dood agtergelaat nadat hulle haar geslaan, gemartel en deur ‘n venster gestamp het.

Hulle het ook op die hond, ‘n rottweiler, geskiet wat daarna skuiling gaan soek het.

Die egpaar sou in Augustus 50 jaar getroud gewees het.

Mevrou de Villiers het aan Beeld gesê: “Hulle was so brutaal, hul taal vieslik vuil. Hulle het die huis verniel asof hulle van die duiwel besete was.”

Een rower het De Villiers van vertrek tot vertrek rondgepluk op soek na waardevolle items om te steel nadat hulle haar man doodgeskiet het.

Sy het terugbaklei en die swarte se hand in ’n deur vasgeslaan waarna hy woedend drie skote deur die oop gleuf geskiet.

Die ander swartes het De Villiers daarna oorrompel, haar vasgebind en gemartel. Hulle het haar daarna deur ’n venster gestamp en sy het die plaveisel kop eerste getref.

Sy het toe gemaak of sy bewusteloos is en doodstil gelê. Een het haar vir oulaas in die ribbes geskop.

“Ek het in daardie verskriklike reën bly lê totdat ek hulle nie meer kon hoor nie. Ek was so bang hulle sien ek lewe nog.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.