Finale sekwestrasiebevel teen dwelmbaas Agliotti verwag

Deel op
Veroordeelde dwelmhandelaar Agliotti
Veroordeelde dwelmhandelaar Agliotti

Die veroordeelde dwelmhandelaar, Glen Agliotti se voorlopige sekwestrasie sal na verwagting vandag in die Hooggeregshof in Pretoria ‘n finale bevel gemaak word.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het in November verlede jaar ‘n voorlopige bevel vir sekwestrasie bekom, het RSG berig.

Volgens hofdokumente skuld Agliotti SAID/SARS meer as 38 miljoen rand, sowel as rente van meer as 22 miljoen rand.

Agliotti moet vandag in die hof redes gee oor waarom die sekwestrasie nie ‘n finale bevel gemaak moet word nie.

Die leier van die Ekonomiese Vryheidvegters, Julius Malema, verskyn vanoggend in die Noord Gautengse Hooggeregshof in Pretoria om sekwestrasie teen te staan oor die miljoene rand wat hy die Ontvanger van Inkomste skuld.

Volgens hofstukke skuld Malema 16 miljoen rand plus rente nadat hy tussen 2006 en 2010 nie belastingopgawes ingedien het nie.

SAID/SARS het Malema in kennis gestel dat hy nie sy opgawes ingedien het nie, maar dit het hom 18 maande geneem om dit te doen.

Malema het ook nie die Ratang Trust vir belastingdoeleindes geregistreer nie en die Inkomstediens moes dit namens hom doen.

Die Ontvanger het beslag gelê op van Malema se eiendom.

Sy onvoltooide huis in Sandton is verlede jaar vir vyf komma nege miljoen rand verkoop. Sy plaas in Limpopo het ook onder die hamer gekom asook huishoudelike toerusting.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.