Verkiesingsregistrasiepunt gevandaliseer, baniere verbrand

Deel op

iec3Sewe mense verskyn vandag in die hof nadat hulle oor die naweek verkiesingsmateriaal by ‘n registrasiepunt in Taung in Noordwes gevandaliseer het.

Intussen het kolonel Sabata Mokgwabone van die polisie gesê drie vroue en vier mans het na bewering gedwonge toegang tot ‘n registrasiepunt by Itlameng Laerskool verkry en registrasiemateriaal by kiesbeamptes geëis,

Die verdagtes het ook glo baniere van die Onafhanklike Verkiesingskommissie van die skoolheining verwyder en dit aan die brand gesteek.

Dit is onwettig om verkiesingsmateriaal te beskadig in terme van Artikel (1) (c) van die Kieswet van 1998, het hy gesê. Die groep het na bewering by die skool opgedaag en registrasiemateriaal van OVK-beamptes geëis.

Hulle is Sondagmiddag in hegtenis geneem. Hulle is tussen die ouderdomme van 20 en 33.

Thandi Modise, premier, het vir ‘n ondersoek gevra oor waarom die sewe mense nie onmiddellik in hegtenis geneem is op die toneel nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.