Teazers-eienaar se vermeende moordenaar voor

Deel op
radovan
Radovan Krejcir

Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, sê dat hy nie dink dat die vermeende moordenaar George Louca sal slaag as hy om borgtog in die Kempton Park-landdroshof aansoek doen nie.

Louca, die verdagte in die moord op die eienaar van die Teazers-ontkleeklubs, Lolly Jackon, sal Maandagoggend verskyn nadat hy Sondag in die land aangekom het.

Jackson is in Mei 2010 by ‘n huis in Edenglen aan die Oos-Rand vermoor.

Daar word geglo dat mafiabaas Radovan Krejcir Louca byna R4 miljoen betaal het om Jackson te laat vermoor. Louca het bande met Krejcir.

Louca het drie jaar lank teen sy uitlewering geveg, maar sy aansoek in die hooggeregshof in Ciprus het misluk.

Die minister van polisie, Nathi Mthethwa sê hy is optimisties dat die uitlewering van Louca daartoe sal lei dat ‘n ondergrondse misdaadnes oopgevlek sal word.

Louca voer aan dat hy slegs ‘n ooggetuie was, en dat hy die moord probeer aanmeld het voordat hy landuit gevlug het.

Die Valke gaan amptelike aanklagte teen hom aanhangig maak vir sy beweerde rol in die moord.

Ramaloko sê Louca word ook aangekla van die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Ramaloko het lof gehad vir die Departement van Justisie gehad om Louca uitgelewer te kry aan Suid-Afrika.

Louca het vroeër aan die Sunday Times gesê dat hy nie glo hy sal ‘n regverdige verhoor kry nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.