Sotsji en Poetin se stryd teen die internasionale moffia

Deel op
Toneel tydens die openingseremonie van die Sotsji-winterspele
Toneel tydens die openingseremonie van die Sotsji-winterspele

deur Joseph Secrève

So sien ons weer met die opening van die Olimpiese Winterspele hoe Rusland nouliks ’n stap in enige rigting kan waag sonder om op een of ander manier belaster te word vanuit die “alternatiewe” hoek.

Eers was dit popsterre soos Madonna en diverse ander bekendes wat kapsie gemaak het teen Poetin oor die Pussy Riot-sage, en nou probeer hulle al weer Poetin in die sop laat beland oor die sogenaamde anti-gay-wetgewing.

Vir mense soos ons wat begrip het vir Suid-Afrika se geskiedenis met sy voortdurende gekonkel agter die skerms, sogenaamd onder die voorwendsel van menseregte, behoort ons instinktief aan te voel dat dieselfde prosesse in Rusland geld.

Inderdaad, daar is meer op die spel as wat ons dink. Soos ons weet is Suid-Afrika se politiek grotendeels gegrond op die haat wat die Engelse elite al honderde jare teen Afrikaners koester. Ongelukkig het hulle die voordeel van wêreldmedia gehad wat veroorsaak het dat die anti-apartheidspropagandamonster ’n eie lewe begin lei het, totaal verwyder van die daaglikse werklikheid.

secreve2
Joseph Secrève

Die situasie in Rusland is nie veel anders nie. Vir ongeveer tweehonderd jaar, volgens Aleksandr Solsjenitsin altans, was daar elemente wat ’n diepgewortelde haat teen alle vorme van Russsiese volksnasionalisme gekoester het. Karl Marx was een van hulle. Hierdie kragte het uiteindelik gekulmineer in die Bolsjewistiese Rewolusie en was magtig genoeg gewees om die tsaar en sy gesin uit te moor en die hele land in ’n staat van terreur te laat verval. Na bewering sou die Rewolusie meer as sestig miljoen Russiese Christene vermoor en in die goelags uitgehonger het.

Dit is nou twintig jaar ná die val van Kommunisme en Rusland is besig om sy nasionale volksbewussyn te herstel. Die energie van die volk is na binne gerig en geloof vorm die belangrikste bousteen van waaruit hierdie land “jonk en skeppend herbore” kan word, om NP van Wyk Louw se uitdrukking te leen. Dit verklaar waarom die Christendom die snel groeiendste geloof in Rusland op hierdie stadium is. In literêre terme het Rusland ontslae geraak van Tolstoi die rewolusionêr en Dostojewski die eksistensialis omarm. Waar Tolstoi geglo het dat rewolusie die antwoord is, is Dostojewski meer begaan oor metafisiese waarhede. Iwan Karamazof – ’n karakter uit Dostojewski se Gebroeders Karamazof – wil graag Wes-Europa sien, maar besef dat daardie wêrelddeel ’n kerkhof is. Desondanks wil hy oor die boustene aldaar wandel omdat elke steen getuig dat daar eens vurig geleef is, met ’n geloof in die mens se eie vermoëns.

Dit is altyd interessant om te sien hoe die geskiedenis homself herhaal. Dostojewski en Tolstoi se gees is nog springlewendig in die hedendaagse Rusland. Daardie land moderniseer voortdurend en kyk oogluikend na die Weste, maar konsentreer hoofsaaklik op sy eie groeiende kultuur.

 

Dit is in hierdie konteks waarmee ons na die Rusland van vandag moet kyk. Die pro-gay-aktiviste  vorm die nuwe golf van rewolusionêre agitators, soortgelyk aan diegene op vooraand van die Oktoberrewolusie. Dis egter nie meer grys duffeljasse en kanonne in die strate nie, maar helderkleurige vlae en poeierkwaste. Hulle doel is één en dieselfde: omverwerping van die opkomende Russiese volksnasionalisme en Christelike karakter.

Vir die twyfelaars, kom ons kyk net gou na die presiese aard en omvang van hierdie “omstrede” anti-gaywetgewing:

  • Ten eerste kom die woorde homoseksueel, lesbies, gay of geen enkele verwysing van soortgelyke aard na vore in hierdie wet nie.

  • Die wet fokus byna uitsluitend op kinders. Dit wil minderjariges beskerm teen nie-tradisionele sekspraktyke en propaganda, presies in ooreenstemming met ander bevriende lande in die wêreld se wetgewings.

  • Snaaks genoeg is Rusland juis besig om homoseksuele mense meer regte en beskerming te gun, en statisties gesproke het ’n gay mens ’n (heelwat) groter kans om in die VSA slagoffer van haatmisdade te word as in Rusland.

  • In Rusland kan ’n gay mens nie uit sy funksie ontslaan word as gevolg daarvan nie. In die VSA wél.

  • Die verbod op homoseksuele omgang is in 1993  in Rusland opgehef, terwyl 12 state in die VSA dit nog as ’n misdaad beskou.

 Diegene wat verder ondersoek wil instel kan gerus hierdie dokument raadpleeg.

Die vraag is waar kom die massahisterie dan vandaan? Hierdie wette is doodgewone sedewette wat elke land met selfrespek graag in sy wetboeke sou wou sien. Dit wil byna voorkom asof die pro-gay-aktiviste ten gunste van seksuele omgang met kinders is. En die Weste steun dit?!

Dit is hier waar Rusland ons ’n interessante lewensles kan leer: Hulle het hul kommunisme gehad en probeer nou daarvan te herstel. In die Weste hang kommunisme aan die oggendskemer, weliswaar onder ander benamings, meestal eindigend op “-regte”, soos burgerregte, vroueregte, gayregte ensovoorts. Dit is allerlei taktieke om die volkskarakter skade te berokken en mense van hul kultuur en nasionale karakter te vervreem.

Ook is daar in die VSA na raming oor die laaste paar jaar al 600 FEMA-konsentrasiekampe opgerig wat blykbaar gebruik gaan word om mense van die strate af te haal om goedkoop arbeid te verrig, en daarmee enige vorm van persoonlike welvaart en opwaartse mobiliteit uit die burgers se hande te neem.

Dalk is die FEMA-konsentrasiekampe effens vergesog vir die meeste mense om te glo, maar as ons sien hoe die Amerikaanse regering mense se telefone afluister en hul wapens te probeer afneem, waardelose onderwys aanbied en die platteland probeer ontvolk, is hierdie gedagte dalk nie so uitheems nie. Tot Solsjenitsin se Goelag Argipel, het daar in Rusland ook geen publikasie verskyn by die gewone mense oor die goelags nie, nóg het die Westerse volke geweet van die gruwel van die Nazi-konsentrasiekampe totdat dit op film vasgelê was.

Vir ’n volk om na sulke trauma’s terug te keer na sy nasionale erfenis is geen psigopatologiese reaksie nie, maar ’n doodgewone aanpassing en heroriëntering, soos ’n kompas wat sy noord moet vind nadat dit versteur was.

En dit is wat Poetin probeer vermag.

Soos PW Botha se destydse vrees vir ’n “totale aanslag”, waarin hy bedoel het dat kommunisme op allerlei lewensterreine sou oorneem, het Poetin met ’n soortgelyke totale aanslag te kampe. Op diverse terreine van die Russiese kultuur soos hul kuns, hul burgerregte, hul geloof en sport word opgetree om ’n karikatuur te maak van alles waarvoor die etniese Russe staan. Tegelyk sal hy voortdurend belaster word deur die vyande in sy midde, soortgelyk aan die situasie in Suid-Afrika.

Sy standpunt teenoor Sirië het ook sleg by die Weste geval. Waar Obama sy volk vir die soveelste keer in ’n oorlog wou insleep om die gematigde Assad omver te werp ten gunste van die Al-Kaïda-gesteunde Moslem-broederskap, het Poetin sy voet neergesit en Obama se spreekwoordelike tjank afgetrap; iets waarvoor Poetin myns insiens ’n Nobelprys verdien het.

Duidelik staan ons aan die begin van ’n nuwe Koue Oorlog, maar dan met die EU en VSA as nuwe kommunistiese moondhede en Rusland as kapitalis. Daar is geen atoombomme soseer nie, maar mediapropaganda wat die uiteindelike uitkoms sal beslis.

Kom ons hoop maar dat die Nuwe Kommunisme in die Weste die stryd nie sal oorleef nie. Wêreldwyd sien ons ’n terugkeer na eiesoortige volksnasionalismes, en die geskiedenis het aangetoon dat hierdie kragte meestal sterker is as die opkoms van hierdie globale fascisme.

Die belangrikste prys wat Rusland in Sotsji kan wen is nie op nie ys- of skibane nie, maar om die volksgees te herstel.

Dit is immers die krag van daardie gees wat die spele moontlik gemaak het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.