DA se Kaapstad is misdaadnes

Deel op
Plato, middel, met bloed aan sy hande?
Plato, middel, wys bloed aan die hande?

Kaapstad se beeld as Suid-Afrika se goedbestuurde, misdaad-vrye DA-paradys is ‘n goedkoop, leë verkoopsfoefie, waarskynlik betaal uit die sakke van dwelmbase en pedofiele.

In werklikheid is die stad besmet deur internasionale onderwêreldfigure wat instroom om hul twyfelagtige bedrywighede van daar te bestuur.

Oor die afgelope paar jaar, het ‘n Serwiese voortvlugtige moordenaar Dobrosav Gavric, die Russiese Igor Russol en Marokkaanse Houssain Ait Taleb in die Kaapstad-landdroshof hul verskyning gemaak.

Hulle is almal reeds gebrandmerk deur die polisie as onderwêreldboewe met skakels na georganiseerde misdaad, het die Times berig.

Dwelms met ‘n straatwaarde van R12 miljard is in 2012 binne maande in die provinsie gekonfiskeer en dit verteenwoordig glo slegs die puntjie van die ysberg.

Dan Plato, die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het vroeër gesê nuwe name uit die onderwêreld word daagliks toegevoeg tot die lys wat reeds aan hulle bekend is.

Die hoëprofiel-saak waarna Plato vroeër verwys het, is dié van plaaslike sakemanne Mark Lifman en André Naudé, wat albei na bewering “sekuriteit” by Kaapstad se nagklubs verskaf, sonder die nodige permitte.

Nietemin het die DA-lid die onderwêreldfigure ontmoet en blykbaar van hulle die versekering ontvang dat hulle nie by onwettighede betrokke is nie.

Lifman, wat glo ook ‘n voorliefde vir minderjarige seuns het, is reeds daarvoor aangekla, maar is later vrygespreek.

Kaapstad is ook een van die gewildste “pienk” of gay toerismebestemmings ter wêreld. Soos Lin Sampson van die Sunday Times al berig het, is daar insgelyks sekstoerisme waar blanke vroue vanuit Europa, veral Brittanje en Duitsland, na Kaapstad toe stroom om daar deur gekleurde mans “gediens” te word.

Oral waar prostitusie bedryf word en dwelms vrylik beskikbaar is, gedy georganiseerde misdaad gewoonlik ook. Dít alles onder die wakende oog van mev. Zille wat onmoontlik nie op hoogte daarvan kan wees nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.