‘Derde Mag’ glo agter diensleweringsoproer

Deel op

sebokengDie Times berig dat ‘n “Derde Mag” vermoedelik agter die dodelike betogings oor dienslewering in Gauteng sit, en ‘n hoë-vlak van ondersoek daarna is reeds geloods.

Bewerings het vore gekom dat politieke partye en ander groepe geïnfiltreer is deur mense wat geweldgeteisterde gemeenskappe verder destabiliseer.

Woensdag het mense met ANC T-hemde op betogers in Sebokeng, in die Vaaldriehoek, geskiet.

Dit het tot die dood van Lerata Rabolila, 26, gelei en ‘n 34-jarige man is beseer. Die oproeriges van die Boiketlong-plakkerkamp het die strate ingevaar oor ‘n gebrek aan behuising en grond.

Gauteng Gemeenskapsveiligheid LUR Faith Mazibuko het Donderdag beveel dat die polisie die “onsigbare hand” van ‘n vermeende “Derde Mag” ondersoek.

Mazibuko se woordvoerder, Thapelo Moila, het gesê: “Hierdie protes, veral in Sebokeng, het ‘n element van mense wat die gemeenskap aanhits.”

Boiketlong was Donderdag vir ‘n tweede dag afgesper, met inwoners wat ‘n spoorlyn oorgeneem het, brandende versperrings opgerig het en skole laat sluit het.

Hulle soek glo geregtigheid vir die dood van die jongste slagoffer van die oproer.

“Die ANC sit hieragter. Hul lede, geklee in ANC T-hemde, probeer om ons protes te stop. Toe hulle nie kon nie, het hulle op ons geskiet,” sê ‘n leier van die gemeenskap Elvis Motaung.

Ander glo weer dit is ‘n “ander mag” wat sit agter die geweld.

Sebokeng se onrus volg na dae van geweld in Bronkhorstspruit se lokasie by Ekangala, Zithobeni en Rethabiseng, naby Pretoria.

Tshwane se burgemeester Kgosientso Ramokgopa het Donderdag gesê die protes word deur mense wat nie van plan is om te betaal vir dienste nie, gedryf.

“[Die gebrek aan] dienslewering is wanneer daar geen elektrisiteit, paaie, sport- en gesondheidsfasiliteite bestaan nie. Dit is nie die geval hier nie,” het Ramokgopa gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.