Die ANC het te kenne gegee dat hulle geen geweld verwag wanneer die DA ’n optog na die ANC se hoofkantoor in Johannesburg lei nie.
Die ANC het vroeër gesê die optog is aanhitsing wat geweld sal meebring. Die DA-leier, Helen Zille, het ontken dat dit aanhitsing is soos die ANC beweer.
Die party het Donderdag in Gauteng gesê ANC-lede sal “nie gewelddadig optree teenoor die opposisie nie”.
David Makhura, Gautengse ANC-sekretaris, aan verslaggewers in Johannesburg gesê: “Die ANC-lede in die provinsie weet hulle word nie toegelaat om fisiek met lede van die opposisie te baklei nie.
“Die stryd tussen ons en die DA handel oor wie die beste visie vir Suid-Afrika het, oor wie die beste beleidsrigtings het om Suid-Afrika vorentoe te neem. Ons sal daar wees om hulle te ontvang en hulle op te voed oor ons planne om die ekonomie te transformeer,” het Makhura gesê.
Die DA beplan om Woensdag na Luthulihuis in Johannesburg op te ruk as deel van die party se “stryd om werkskepping”.