Binnelandse Sake oop vir registrasie-naweek

Deel op
Die (Engels-eentalige) embleem van die OVK
Die (Engels-eentalige) embleem van die OVK

Die departement van binne­land­se sake sal die komende naweek alle kantore oopstel vir die publiek.

Voornemende Suid-Afrikaanse kiesers wat identiteitsdokumente nodig het om vir die 2014-verkiesing te registreer, sal gedurende die naweek ook daarvoor kan aansoek doen.

Die Onafhanklike Ver­kie­sings­kommissie (OVK) se laaste registrasieveldtog vind Saterdag en Sondag plaas.

‘n Woordvoerder van die OVK, Kate Bapela, het Donderdag gesê regi­s­­­trasienaweke word ter gerieflikheid van kiesers gehou.

Voornemende stemmers kan ná dié naweek nog steeds by munisipale kieskantore, wat in elke munisipali­teit beskikbaar is, regi­streer.

Die kieserslys sal om 17:00 op die dag wat pres. Jacob Zuma die verkiesing aankondig, eers sluit. Tot dan het stemmers die geleentheid om te registreer.

Die departement van binne­landse sake het gesê sy 403 kantore landwyd sal tussen 08:00 en 17:00 oop wees.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.