Smokkelsigarette onderskep

Deel op

cigarettesSmokkelsigarette met ‘n geraamde straatwaarde van vyf miljoen rand is verlede by die Beitbruggrenspos in Limpopo onderskep, het RSG berig.

‘n Woordvoerder van die Valke, Dibero Molatjana, sê 38 buitelanders is tydens die maandlange operasie in hegtenis geneem.

Hy sê sindikate skep nou vals kompartemente in luukse voertuie, in plaas van swaar voertuie om opsporing te vermy.

Volgens die Tabakinstituut van Suider-Afrika het die staatskas oor die afgelope drie jaar sowat 12 miljard rand weens die wanpraktyke verloor.

Onwettige sigarethandel beloop 30 persent van die totale sigarettemark in Suid-Afrika, met die meeste van die produkte wat van Zimbabwe afkomstig is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.