Informante verraai mede-Afrikaners vir geld

spioenDit het tydens die hoogverraadverhoor in Bloemfontein aan die lig gekom dat Afrikanerr-informante wat deur die polisie gebruik word om op ander Afrikaners te spioeneer hoofsaaklik deur geld gemotiveer word.

Mnr. Jaco Scherman het vir die staat getuig dat sy “onderneming geldelike probleme ondervind en dat hy vir elke verslag wat hy vir sy hanteerder geskryf het, betaal is. Volgens hom “het hy nie baie geld ontvang nie, maar hoe meer inkriminerend die verslag is, hoe meer geld word ek betaal.”

Scherman getuig tans in die hoogverraadverhoor van mnr. Johan Prinsloo, wat na bewering deel van die “Bloemfontein-komplot” sou wees. Dié groep sou die ANC se nasionale kongres in Desember 2012 met mortiere en ander wapens aanval.

Volgens Scherman het hy “egter nie die groep vir die geld geïnfiltreer nie, maar omdat hy in reg en verkeerd glo”.

Prinsloo staan tereg op aanklagte van hoogverraad, sameswering om aan terreurdade deel te neem, asook die besit van onwettige ammunisie. Hy is in Desember tesame met Martin Keevy, Mark Trollip en Hein Boonzaaier in hegtenis geneem.

Die saak teen Boonzaaier is intussen teruggetrek en hy sy verhaal elders hier op praag vertel. Hy is besig om die staat vir miljoene rande weens wederregtelike arrestasie en gevangenskap te dagvaar.

Scherman het verder getuig dat hy Prinsloo in 2011 opgesoek het, nadat sy hanteerder hom aangesê het om ‘n organisasie genaamd die Vrye Burger-weerstandsbeweging binne te dring.

Die saak gaan eerskomende Maandag voort.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.