Mbeki wil Afrika se kapitaaluitvloei keer

Deel op
Thabo Mbeki
Thabo Mbeki

Die voormalige president Thabo Mbeki is op ‘n besoek aan die Verenigde State van Amerika om kundigheid te werf vir die Afrika-Unie se paneel op Onwettige Finansiële Vloei.

Mbeki is die voorsitter van die paneel wat gestig is na ‘n besluit van die AU se ministers van Finansies, Beplanning en Ekonomiese Ontwikkeling in 2011.

Die paneel se missie is onder meer om aanbevelings te maak oor hoe om die onwettige uitvloei van multi- miljarde jaarliks uit die vasteland ​​te stuit.

Tussen 1980 en 2009 het Afrika glo ‘n verbysterende $1,2 triljoen dollar van die kontinent se rykdom verloor.

Mbeki het by die Verenigde Nasies in New York gesê die onwettige uitvloei van kapitaal uit Afrika kos die vasteland jaarliks sowat 600 miljard rand.

Hy sal ook vergader met die Wêreldbank, die Internasionale Monetêre Fonds en die Amerikaanse departement van buitelandse sake.

Die kapitaaluitvloei is die gevolg van foutiewe handels-fakturering, belastingontduiking en terreur-finansiering.

Die geld vloei na ontwikkelde lande en belastingparadyse.

Die VN se adjunk sekretaris-generaal, Jan Eliasson, het aangedui dat ‘n oplossing van die uiterste belang sal wees vir Afrika om sy Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte te haal.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.