VSA en VK destabiliseer die hele wêreld

Deel op

protest9Regeringsgeboue word verwoes, geplunder. Dit gebeur in Kaïro, Kiev, Bangkok, en nou in Gauteng, Suid-Afrika. Die regerings staan magteloos op die kantlyn en toekyk.

In Suid-Afrika waar die polisie wel ingryp om gewelddadige oproermakers te stuit, word hulle van “brutaliteit” beskuldig deur dieselfde opposisie wat in die eerste plek die opstande gereël het.

Wat gaan aan? Leiers wat deur populêre steun aan bewind gebring is, word deur buitelands gesteunde “opposisie”-bewegings afgedreig om die staat wat in die pad staan te oorhandig. Waar is die mooi praatjies van verkiesings, vrede en stabiliteit?

Onder wit kiesers was die ANC nog nooit gewild nie, maar daar is nie meer ‘n opposisieparty in Suid-Afrika wat uitsluitlik wit kiesers verteenwoordig nie. Onder swartes word die ANC as ‘n legitieme regering beskou wat, al word die land ‘n Zimbabwe, nog steeds legitimiteit sal behou.

Zimbabwe se Robert Mugabe word as ‘n held beskou deur swart mense regoor die kontinent, al laat hy toe dat sy land gestroop word van hulpbronne ten koste van sy eie mense.

Die afgelope tyd beleef ‘n hele paar lande ‘n baie soortgelyke werklikheid as Thailand.

Soewereine verkose regerings is wêreldwyd onder beleg van gewapende boewe, bandiete en anti-sosiale elemente, selfs deur blatante terroriste. In lande soos Zimbabwe het dié wat voordeel trek uit die plundery dit reggekry om hul agenda goed te verbloem. In lande soos Sirië is die aanstigters opsigtelik.

Die sogenaamde vlugtelingkampe wat deur NAVO op die Turks-Siriese grens gebou is, is spesiaal vir Siriese terroriste ingerig, wat gehuisves, opgelei en bewapen word om die regering omver te werp.

Wapens en kontant is daar in oorvloed.

Die terreur wat hierdie mense in hierdie histories vreedsame en verdraagsame deel van die wêreld versprei, kan skaars met woorde beskryf word.

Kinders van ‘n grensdorpie vertel van strooptogte, diefstal en geweld, selfs moord, deur die anti-Assad-“rebelle”.

In die Siriese stad Adra, die stad wat voorheen deur al-Kaida en die pro-Westerse “opposisie” geplunder en verwoes is, is mense na bewering ‘n maand gelede vermoor, gestenig, lewendig in vate verbrand en onthoof.

Maar Washington demoniseer Assad se regering en dreig weer met militêre optrede. Die sogenaamde “elite” van die opposisie is deur die Weste afgekoop  sodat hulle met hul plundertog kan voortgaan.

Dít alles het in verskillende grade en met wisselende vlakke van geweld, in Thailand, Egipte, Sirië, die Oekraïne, Brasilië en Suid-Afrika gebeur.

Trouens, dit lyk asof Suid-Afrika regmaak vir ‘n tweede siklus van geweld en opstand. Dié keer oor “ekonomiese vryheid” wat die DA as ‘n “gebrek aan dienslewering” beskryf. Die oorvleueling van die twee begrippe behoort vir enige oningeligte reeds duidelik te wees.

‘n Sin vir alles-kom-my-toe word by die kritici van die regering aangewakker.

Die proses, die taktiek, is byna altyd dieselfde: Westerse media wat verkose, gewilde regerings demoniseer, dan “skandale” skep, ‘n nuwe “opposisie”-beweging bou, boewe uitkies en betaal sodat protes en uiteindelik geweld oorneem.

As die regering nasionalisties en regtig patrioties in sy verdediging van die belange van sy eie mense teen internasionale plundery is, is dit soveel te beter, want dan kan die Westerse media gal braak oor die agterlike nasionaliste wat nie “progressief” wil wees nie.

President Morsi en sy Moslem-broederskap, was ‘n bietjie te onentoesiasties oor samewerking met die Weste en die IMF. Hulle het nooit regtig “nee” gesê nie, maar die NWO vereis deesdae totale, onvoorwaardelike gehoorsaamheid, en opregte slawe.

Tensy die regerings in ontwikkelende lande soos die Filippyne, Indonesië, Uganda of Rwanda, nie ‘n duidelike boodskap aan Washington en Londen stuur betreffende hul onderdanigheid nie, staar hulle totale uitwissing in die gesig.

Totale verwoesting het Irak, Libië, Afghanistan, Viëtnam, Kambodja en Laos, wat sonder genade tot oorgawe gebombardeer is, tot die steentydperk laat terugkeer.

Dan is daar Nicaragua, Grenada, Panama, die Dominikaanse Republiek en Demokratiese Republiek van die Kongo, met sy oorvloed natuurlike hulpbronne.

Maar ten spyte van dít alles het die mense van Thailand gaan stem en handgemeen geraak met diegene wat probeer het om stemlokale te sluit.

En in die Oekraïne, ondersteun die meerderheid nog steeds hul regering.

En die jihadi-kaders is nog nie in beheer van Sirië nie.

In baie dele van die wêreld het hulle reeds besef wie hul werklike vyande is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.