Stakers steek Oos-Londen se stadsaal aan die brand

Deel op

fireDie Oos-Londense polisie moes rubberkoeëls en water-kanonne gebruik om stakende lede van die munisipale vakbond, Samwu, uitmekaar te jaag.

Die stakers het eiendom van die Buffalo Metro waaronder ook die stadsaal, aan die brand gesteek.

Amptenare van Samwu en vakbondlede eis ‘n veertiende tjek van die Metro.

‘n Polisie-woordvoerder, Stephen Marais, het bevestig dat mense in hegtenis geneem is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.