‘Opposisie met swart leier kragtig’

Deel op

mazibuko4Lindiwe Mazibuko, die DA se parlementêre leier, sê daar was geen wrywing in die DA oor die besluit om ‘n swart presidentskandidaat te kies nie.

NUUT!

Sy het gesê dit is ’n kragtige boodskap as ’n opposisieparty ’n swart leier het, en daarom was Ramphele die regte keuse.

Mazibuko het gesê ‘n party met ’n swart leier wat van die ANC weggebreek het, is simbolies kragtig omdat “DA-kiesers almal vroeër vir die ANC gestem het”.

Sy het gesê apartheid het vrese en stereotipes by mense ingeprent en dit is nog lank nie verby nie en ‘n samesmelting met Ramphele sou sulke probleme uit die weg geruim het.

Sy het haarself daarna weerspreek en gesê die geleentheid vir samesmelting of koalisie tussen die DA en Agang is egter nou vir goed van die baan.

Intussen het die IVP en die PAC ‘n samewerkingsooreenkoms onderteken wat ook deur die Vryheidsfront Plus, die ACDP en die UCDP bekragtig is.

Die partye het saam 58 setels in die nasionale vergadering. Hulle sal egter afsonderlik verkiesingsveldtogte hou in aanloop tot die algemene verkiesing.

Die sekretaris-generaal van die IVP, Sibongile Nkomo sê die land het ‘n alternatiewe opposisie nodig wat die mense kan verteenwoordig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.