Mbeki se k*ff*r-brief: voorspel tot bloedige revolusie?

Deel op

Ek kan my nie met Mbeki se gedrag, motivering en denkwyse vereenselwig nie. Daar is ook niks daarmee fout as julle dit ook nie doen nie; verkondig hulle nie elke dag aan ons dit is ’n demokrasie nie?

Wat duidelik blyk uit Mbeki se brief van 16 Maart 2007 is die volgende.

Mbeki en daarmee saam die ANC het rassehaat tot ’n nuwe dimensie gevoer. Hy versuim om in sy verduidelikings te verwys na die rassisme wat in die werksomgewing, woonomgewing en godsdiensomgewing waana hy in sy aanhaling verwys, deur ’n klein verwerpte deel van die blanke gemeenskap gepleeg word. Alle blankes word oor dieselfde rassistiese kam geskeer. Ja, ook dié wat die prys betaal vir sy transformasiebeleid wat gelei het tot omgekeerde rassisme, asook diegene wat elke dag met hulle harde onbaatsugtige liefdadigheidswerk teenoor die sogenaamde agtergeblewenes voortgaan, ja alle blankes.
Deel op

Mbeki verwerp die klagtes wat blankes oor misdaad het, as ’n oeroue vrees vir swartmense en dat dit niks anders as ’n “massiewe propoganda-oorlog” is, sonder enige agting of respek vir die waarheid nie. Die besluit is dit “julle kan gaan hang”, om Mugabe se woorde te gebruik, ek sal niks aan julle klagtes doen nie.

Almal wat dus kruiwaens vol briewe na hom toe bring is misleides. Hy het selfs bewyse. In Johannesburg beweer hy is ernstige misdaad selfs laer as in 1994. Natuurlik nadat hulle die boeke en statistieke “gekook” het. Niemand verduidelik egter hoe dit dan moontlik is dat die begrafnisondernemersbesigheid, in die sogenaamde misdaadlose stad, so toegeneem het nie. Niemand verklaar hoekom die doodskisbesigheid sedert 1994 vertienvoudig het nie.

Daar is geen woord binne die grense van Suid Afrika wat meer haat veroorsaak as die gebruik van die woord “k*ff*r”  teenoor swartmense nie.

Mbeki gebruik hierdie woord 11 keer en elke keer skryf hy hom volledig uit, sonder enige vrees vir die gevolge. Die gebruik van die woord dra die krag van weerwraak wat kan lei tot moord, verkragting en mishandeling van blankes.

Ons het baie vryhede in die lewe, ons kan selfs kies tussen lewe en dood. Daar is egter een ding waaroor jy geen keuse het nie, jy kon nie die kleur van jou vel nie kies nie. As jy dus ’n wit vel het, dan maak dit nie saak hoe ’n mooi mens jy is nie, dit maak nie saak hoe ’n goeie mens jy is nie, volgens Mbeki noem jy swartmense “k-ff-rs” en koggel jy hulle as hulle jou nie kan sien nie deur jou neus plat te druk.

Bogenoemde stelling mag vir jou klink na die verdraaing van die feite; ek het egter hierdie brief oor en oor gelees. Ek het my bes probeer om dit anders te vertolk, maar gesien teen die agtergrond van wat tans in Suid Afrika aan die gang is, is ’n ander gevolgtrekking naïef en ondeurdag.

Desmond Tutu het in die onlangse verlede gewaarsku dat Suid Afrika sy morele kompas kwyt geraak het. Hy waarsku verder dat ons op ’n kruitvat sit wat enige oomblik kan afgaan en ontaard in etniese geweld en hy is nie ’n misleide blanke nie. Ons sien elke dag getuienis van ongekende, selfs ondenkbare, wreedheid wat misdaadslagoffers tref. Absolute sinlose mishandeling van diegene wat hulle nie kan verdedig nie.

Teen hierdie agtergrond is dit om soos vir ’n wrede hond saggies te sê “sa!” waar niemand naby genoeg is om dit te hoor nie. As die hond iemand verskeur het, kan jy jouself persoonlik verontskuldig van enige meedoening.

Ek merk op dat ons taalgebruik oor die algemeen baie kru geraak het die afgelope 13 jaar. Julle sal dus meer begrip hê vir my volgende analogie.

As ’n man blind van woede is en ’n omstander skree dat die slagoffer van die (“bedonnerde” volgens Pik Botha ) man se woede hom agteraf gekoggel of ’n skelwoord genoem het, dan verwonder niemand hulle as die man se reaksie buite beheer raak nie. Enige normaal denkende persoon sal dan verwag dat die reaksie gewelddadiger sal wees.

Dit is juis my mening dat Mbeki deeglik bewus is van die waarkuwing wat Desmond Tutu aan die einde van die jaar uitgereik het en dat hy roekeloos en nalatig opgetree het deur die skryf van die gewraakte brief.

Artikel 3 van die “1948 Convention on the Prevention and Punishment of the Crime of Genocide maak dit ’n misdaad om deur woorde ’n volksmoord te bevorder.

Ek glo ook dat Mbeki deur hierdie brief die hele wêreldbekersokkertoernooi in die weegskaal geplaas het. Die woede en die haat wat die brief gaan veroorsaak onder die boosdoeners sal geen onderskeid tref tussen blanke toeriste en blanke Suid-Afrikaanse “rassiste” nie.

Die tragiese gevolge van die brief sal in onskuldige bloed geskryf word. Sy skokkende rassisme en sy ontkenning van die misdaadkrisis – soos dié van vigs –  word egter nie misgekyk teen die agtergrond dat hy as die magtigste man in Afrika tans besig is om ’n R90 miljoen muur om ons presidensie te bou nie. Miskien het een of ander strategiese ontleder hom ook gewaarsku dat die “k*ff*rs”op pad is. (Ek is jammer, maar ek vind dit ongelooflik moeilik om my woede en teleurstelling te onderdruk.)

As die pleidooie van die blanke kant afkom dat die misdaad en die korrupsie onverdraagsaam hoog is, sal enige regdenkende persoon tog ag daarop slaan en die versekering gee dat nog meer gedoen sal word om aandag aan hierdie pleidooie te gee. As jy egter duistere motiewe het, sal hierdie versoeke jou walg. Die vraag is: beplan die leier van die vryheidsbeweging weer ’n revolusie? Die keer net ’n bloedige revolusie? Miskien is die “stille diplomasie” teenoor Zimbabwe wat gebruik word om te kyk hoe reageer die wêreld op Zimbabwe, dan sal hy weet hoe ver hy kan gaan in Suid-Afrika want dan weet hy vir seker die res van die wêreld sal net kerm en kla en niks doen nie.

Skokkende gevolgtrekking, tog begin dit al meer na ’n moontlikheid lyk.

no deposit casino freeФільчаков Олександр Васильович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.