MRK onthuts oor Nigeriese anti-gay wette

Deel op
Isaac Mangena
Isaac Mangena

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het Woensdag gesê Suid-Afrika moet Nigerië berispe sodat die land wetgewing teen gays kan hersien.

Talle oorteders is sedert 18 Januarie in Nigerië in hegtenis geneem ingevolge ‘n nuwe wet wat gay seks verbied. Die nuwe wetgewing verbied ook huwelike tussen paartjies van dieselfde geslag.

Die wetgewing maak voorsiening vir ‘n maksimun van 14 jaar gevangenisstraf vir oorteders en 10 jaar gevangenisstraf vir enigiemand wat gay-groepe of –klubs ondersteun.

Dié streng, maar gewilde maatreëls word beskou as ‘n vredesbrug tussen strydende Moslem- en Christenfaksies wat albei ewe sterk gekant is teen gays.

Isaac Mangena, woordvoerder van die MRK, het egter in ’n verklaring gesê hulle glo die Suid-Afrikaanse regering moet ander Afrika-lande aanspoor om gays te aanvaar

Die MRK se houding verteenwoordig nie die meerderheid Suid-Afrikaners se siening oor gays nie. Die meeste swart inwoners is erg gekant daarteen dat die LGBT-gemeenskap uit die kas kom.

Die Europese Unie, Kanada en Amerika het die Nigeriese wetgewing gekritiseer en gesê dit druis in teen basiese menseregte.

“Die MRK is bekommerd oor die groei van staatsondersteunde homofobie wat wêreldwyd plaasvind, en veral op die Afrika-vasteland,” het Mangena gesê.

“Ons doen ’n beroep op die Suid-Afrikaanse regering om meer te doen om diplomaties met Afrika-lande in gesprek te tree wat fundamentele vryhede en menseregte onwettig wil maak.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.