Creecy, DA, EFF doodstil oor skoolkinders wat aan oproer deelneem

Deel op

childriotSkoolgaande kinders se betrokkenheid by gewelddadige protes wat tans Gauteng teister, is ’n groot bron van kommer.

Dit bemoeilik ook die SAPD se taak om orde te herstel aansienlik.

Die Gautengse LUR vir onderwys, Barbara Creecy, is egter doodstil oor die feit dat skoolkinders aan die oproer deelnaam.

Protesoptrede in dié gebiede gaan glo oor swak dienslewering, maar sommige ontleders meen die DA sowel as die EFF speel ‘n rol om ook kinders tot gewelddadige optrede aan te hits.

Dit is ‘n resep wat voor 1994 gewerk het om die land onregeerbaar te maak en waarmee die DA-leier, Helen Zille, goed bekend is en dikwels oor spog.

Daar was in 2014 reeds nege, moontlik tien, noodlottige skietvoorvalle waarin die polisie betrokke was.

Die aantal betogings wat tot geweld lei, het ook toegeneem. Onbekwame raads­lede wat nie hul werk doen nie, word uiteindelik die polisie se probleem.

In ’n voorlegging wat die ouditeur-generaal (OG) Woensdag voor die staande komitee oor openbare rekenings (Skoor) gelewer het, sê die OG dat tot 93% van nasionale staatsdepartemente nie voldoen aan finansiële regulasies en beheermaatreëls nie.

Dit het daartoe gelei dat staatsinstellings meer as R30 miljard gemors het, en veral die departemente van gesondheid en onderwys was die grootste sondaars.

Brig. Neville Malila, Gautengse polisiewoordvoerder, het Khutsong, Bekkersdal en Roodepoort, sowel as Bronkhorstspruit as brandpunte geïdentifiseer.

Hy het die misdadigheid en vandalisme van die oproeriges veroordeel en gesê die opstande plaas kwaai druk op die polisie se hulpbronne.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Gauteng moes die afgelope drie maande op 569 protesaksie reageer, waarvan 122 geweld­dadig was.

Die minister van polisie, Nathi Mthethwa, het vroeër gesê in 2013 is die polisie ingeroep by meer as 13 000 betogings waarvan 1 882 tot geweld gelei het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.