SAUK-hoës ‘het nie denkvaardighede nie’: verslag

Deel op
Riaan Signs off
Riaan Cruywagen se laaste nuusuitsending. Het die SAUK daarmee saam 90% van hul vaardighede verloor?

‘n Vaardigheidsoudit deur PricewaterhouseCoopers (PwC) het bevind dat die uitvoerende en senior bestuur van die SAUK “nie oor die minimum- strategiese denkvaardighede besik nie”.

Die verslag deur die ouditeursmaatskappy is gister aan die parlement se kommunikasie-oorsigkomitee voorgelê. Daarin word insgelyks bevind dat 56 persent van die uitsaaier se bestuur nie in staat was om “afdoende probleemoplossingsvaardighede te toon” en om belangrike besluite te kan neem nie.

Wat hul kennis van digitale media betref, is die SAUK ook in die duister, veral wat betref die oorskakeling na digitale media.

Ondanks dié onbevoegdhede, het ‘n lid van die SAUK-raad, Bongani Khumalo, aan die parlement gesê dat die raad heeltemal “goed funksioneer” en dat senior bestuurders mans en vroue “van hoë integreiteit” was met “doeltreffende oorsig oor hulle”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.