Swartes brand kliniek af by Bronkhorstspruit

Deel op

burningtyresSwartes van die Bronkhorstspruit-omgewing in Gauteng het geboue, waaronder ook ‘n kliniek aan die brand gesteek.

‘n Polisiewoordvoerder, Johannes Japhta, sê ‘n kliniek, ‘n huis en ‘n saal is in Rethabiseng afgebrand.

Hy het bevestig dat die onrus wat verlede week in Zithobeni uitgebreek het, nou na ander gebiede uitgebrei het.

Japhta sê twee mense is tot dusver in hegtenis geneem op aanklagte van openbare geweld.

Meer as 50 mense is Dinsdag in hegtenis geneem nadat ‘n biblioteek en huis aan die brand gesteek is.

Die lokasie-inwoners het oproerig geraak omdat hulle sukkel om voorafbetaalde elektrisiteit te kry.

Hulle het ‘n satelliet-polisiestasie in Zithobeni en die munisipale kantore aan die brand gesteek.

Die polisie is opnuut in Sebokeng in die Vaaldriehoek ontplooi. Sommige krotbewoners is glo ontevrede oor behuising en ander oor ‘n gebrek aan dienste.

Swartes het toegang tot die gebied byna heeltemal afgesper. Die oproer het vroeg vanoggend uitgebreek.

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng, Faith Mazibuko het vroeër die geweld veroordeel en as misdadigheid bestempel.

Mazibuko sê die talle voorvalle waar staatseiendom beskadig word en sakeondernemings geplunder, is kommerwekkend.

Sy het in Parktown in Johannesburg Februarie as die Maand vir Veiligheid aangekondig, en mense aangemoedig om hul griewe op ‘n passende wyse te lug.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.