McBride kry verdere hupstoot vir Opod-toppos

McBride
McBride

Die benoeming van Robert McBride as hoof van die polisie se onafhanklike ondersoekdirektoraat is deur die Nasionale Raad van Provinsies se Gekose Komitee oor Veiligheid en Grondwetlike Ontwikkeling die benoeming ondersteun.

Sy welbekende daad was om bomme by die “Why Not” Restaurant en Magoo’s Bar in Durban op 14 Junie 1986 te plant waarin drie blanke vroue dood is en 69 mense beseer.

Hy is gevange geneem en skuldig bevind en daarna tot die dood gevonnis, maar later begenadig in 1992 nadat sy optrede as “polities gemotiveer” geklassifiseer is.

Hy het later amnestie by die Waarheid-en- Versoeningskommissie ( WVK) ontvang nadat die ANC hul vroeë ontkennings van betrokkenheid by die aanval laat vaar het.

Die Waarheid-en-Versoeningskommissie het oor die bomaanval gesê: “Dit blyk dat nie baie nie, indien enige, van die slagoffers in hierdie voorval lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens [die teiken] was.

McBride het amnestie vir die aanval gekry, hoewel die kommissie bevind het dat dit ‘n “growwe skending van menseregte” was.

In 1998 is McBride in hegtenis geneem deur die Mosambiekse polisie op aanklagte van wapensmokkelary, en in 1999, terwyl hy in die geselskap van onderwêreldbase by ‘n gesellinklub was, is McBride aangekla van aanranding.

In 2011, is McBride skuldig bevind aan dronkbestuur en dwarsboming van die gereg, en gevonnis tot vyf jaar tronkstraf. Hy is in April verlede jaar vrygespreek.

Verlede week is McBride se benoeming deur die Portefeuljekomitee oor Polisie gesteun, nadat McBride vir die pos benoem het.

Opposisiepartye is sterk gekant teen McBride se aanstelling in die pos.

Die pos is sedert Francois Beukman se bedanking in 2012 vakant.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.