Posaflewering deur staking ontwrig

Deel op

pos‘n Staking deur tydelike poskantoorwerkers wat aflewering ontwrig, is in sy tweede week.

Die tydelike werkers het besluit om te staak totdat hulle permanente aanstellings kry.

Talle mense kla dat pos laat, of glad nie, afgelewer word nie.

Dienste in Johannesburg en Pretoria word die ergste geraak met posbusse wat nou al veertien dae leeg staan.

Die poskantoor sê daar kan nie aan die stakende werkers se eise voldoen word nie.

‘n Woordvoerder van die poskantoor het vroeër gesê dat so ‘n stap reuse finansiële verliese sal meebring.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.