Wie is die geheime buitelandse skenker?

Deel op
George Soros
George Soros?

Die ANC is baie bekommerd oor die rol wat ‘n geheime internasionale skenker gespeel het om opposisiepolitiek in Suid-Afrika te manipuleer.

Druk deur ‘n buitelandse skenker het glo gelei tot die samesmeltingsplan van die DA en Agang SA wat binne enkele dae gesneuwel het.

Afrika is ‘n puinhoop van mislukkings weens buitelandse rolspelers wat politieke opportuniste ondersteun om regerings tot ‘n val te bring. Dit lei tot groter onstabiliteit en twis en dikwels tot geweld op die vasteland.

“Wat die meeste kommer wek, is die openbare erkenning van die twee partye se leiers dat buitelandse elemente, wat hul geldelike hulpbronne as hefboom gebruik, in staat is om aan hulle voor te skryf hoe hulle hul organisasie moet struktureer, wie hulle moet lei, met wie hulle moet twia soek . . .” het Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder gesê.

Die ANC het gesê die nuutste onthulling is hopelik nie ’n weerspieëling van die rol wat dié twee partye speel om kiesers se grondwetlike reg te ondermyn om vrye politieke keuses uit te oefen nie.

The New Age het berig dat Ramphele gesê het ’n skenker wou sien dat Agang en die DA saamsmelt.

James Selfe, voorsitter van die DA se federale bestuur, het die kritiek afgelag. “Ek stel voor hulle gaan konsulteer die Wizard of Oz, wat weet van goed soos Never-Neverland.”

Zille het later ontken dan die twee partye onder druk geplaas is deur die skenker wat fondse sou weerhou indien die samesmelting nie gebeur nie, alhoewel sy self vroeër getwiet het dat Ramphele deur ‘n skenker gedwing is tot ‘n samesmelting.

Zille het trouens in die twiet gesê: “Dit was nie net een skenker wat druk op Mamphela geplaas het nie. Dit was elke skenker. Hulle wil ’n verenigde, sterk opposisie hê.”

Zille het ook erken dat sy weet wie die skenker is, maar wou nie die naam bekend maak nie. Volgens sekere bronne is die skenker George Soros se Open Society Foundation, maar dit kon nie bevestig word nie.

Politieke partye, waaronder ook die ANC, is steeds lugtig om die name van hul skenkers bekend te maak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.