Skaliegasontginning kom beslis, sê minister

Deel op

miningindabaDie regering het dit duidelik gemaak dat hy “beslis maar verantwoordelik” sal voortgaan met die ontginning van skaliegas.

Die minister van minerale hulpbronne, Susan Shabangu het by die opening van die Mynbou-indaba in Kaapstad se amptelike opening gepraat.

Sy het gesê finale regulasies in hierdie verband sal binnekort bekend gemaak word.

Die minister sê na beraming is daar tot 485.000 miljard kubieke voet skaliegas in die Karoo se rotsformasies.

Sy sê dit is noodsaaklik dat skaliegas ontgin word wat sal bydra tot koste-doeltreffende energie, werkskepping en talle ander voordele.

Shabangu sê die regering is opgewonde oor “spelbrekerontdekkings” in petroleumontwikkeling langs die kus en in die binneland.

Die indaba het sowat 8000 afgevaardigdes gelok, wat 2100 maatskappye en 110 lande verteenwoordig. Dit word gereken as die wêreld se grootste mynbou-investeringsgebeurtenis.

Die geleentheid eindig op Donderdag.

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.