Vavi tier oor polisieflaters na dood van familielid

Vavi en Mandela
Vavi en Mandela

Die geskorste hoofsekretaris van Cosatu, Zwelinzima Vavi het by die Khayelitsha Kommissie van Ondersoek na die polisie Maandag gesê hy is siedend oor polisieflaters.

Vavi, wat soos Mandela aangetrek was vir die geleentheid, sê hy kon sy woede skaars beteuel weens ‘n reeks van beweerde polisieflaters na sy suster se kleinkind in die lokasie vermoor is.

Vavi het gesê die polisie het vyf dae geneem om die familie in te lig oor die moord op die 25 -jarige Busiswa Sizaba in Harare, Khayelitsha twee weke gelede.

Die polisie het opgedaag om te sê die kleindogter is dood gevind iewers in Khayelitsha, het die arbeidsleier gesê.

Hy was geklee in ‘n swart-en-wit hemp wat herinner aan die soort waarvan Nelson Mandela gehou het.

Terwyl Sizaba dikwels ‘n slagoffer van huishoudelike geweld in haar hut was, het Vavi gesê die polisie het nie ‘n bekende verdagte, wat hy beskryf as “die koning van die skrikbewind” in die gemeenskap aangekeer nie.

“Die polisie is besig om hierdie man te ondersoek, nou duidelik ‘n moordverdagte. Niks het gebeur nie,” het Vavi gesê aan ‘n klein skare inwoners en maatskaplike aktiviste wat rondom hom versamel het. “Dit is nou die einde van die tweede week sedert die moord gebeur het. Die man is nog steeds in die strate.”

Hy het gesê vigilante-bedrywighede vier hoogty oral op die Kaapse Vlakte.

Hy het ‘n beëdigde verklaring ingedien by die O’Regan-Pikoli Kommissie van Ondersoek na polisiëring in Khayelitsha.

Nie ver daarvandaan nie het Cosatu se Wes-Kaapse sekretaris, Tony Ehrenrich toegegee dat die vakbondfederasie voor ‘n uitdaging staan oor eenheid in sy geledere.

Hy het by ‘n raadsvergadering van Nehawu-verteenwoordigers in Soutrivier gesê dit is die taak van werkers om toe te sien dat die eenheid van Cosatu voorrang kry bo individuele belange.

Hy sê werkers behoort beleid na te streef wat daarop gemik is om die lewens van gewone mense te verbeter.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.