Multikulti-kruisvaart bots uiteindelik met Engels

Deel op

superbowlriotCoke se multikulti-kruisvaart het dié naweek uiteindelik tot ‘n etniese uitbarsting in hul tuisland gelei.

Die Amerikaanse Superbowl, ‘n groot nasionale sportgeleentheid, se advertensies is dikwels die onderwerp van omstredenheid, gewoonlik vir hul seksuele inhoud.

Hierdie jaar was daar weer ‘n swart sanger wat minderjarige seks aangeprys het en kenners het voor die byeenkoms gewaarsku dat kriminele tans meer geld uit mensehandel verdien as met dwelmhandel.

Prostitusie en mensehandel vier hoogty tydens die Superbowl, wat hierdie pas afgelope naweek in die MetLife Stadion, East Rutherford, New Jersey gehou is en daarna tot onluste gelei het.

Maar hierdie jaar het niemand eers ‘n wenkbrou gelig oor die sangitem wat algar tot minderjarige seks aanspoor nie of die onluste en vandalisme van die wenspan, die Seahawks se ondersteuners nadat hulle die Bronco’s verslaan het nie.

Dit was die taalgebruik in ‘n Coca-Cola-advertensie wat Engelssprekende Amerikaners warm onder die kraag gehad het.

Die advertensie wys Amerikaners van verskillende rasse en etniese groepe wat “America the beautiful” in ‘n verskeidenheid van tale sing. ‘n Ware multikulti-belofte in ‘n bottel.

Nadat dit uitgesaai is, is verskeie sosiale netwerk-webwerwe oorval met woedende kommentaar omdat die woorde nie net in Engels was nie.

Die maatskappy se amptelike Facebook-bladsy is toegegooi onder kommentaar na die advertensie in die Superbowl XLVIII verskyn het.

Baie het hul ontevredenheid oor die talige diversiteit uitgespreek en gesê hulle sal Coke boikot omdat die advertensie nie net in Engels was nie.

“@CocaCola has America the Beautiful being sung in different languages in a #SuperBowl commercial? We speak ENGLISH here, IDIOTS”

“Meksikane wat die [Amerikaanse] volkslied sing, is ‘n gruwel,” het ‘n ander groep gesê.

‘n Facebook-gebruiker het gestoom dat Amerikaners “niks beter is as die ontlastingput van derdewêreldinwoners, wat weier om hulself te verhef tot beter mense [ met behulp van Engels ] nie”.

Hy het gesê sonder Engels kan daar nie nasiebou wees nie en die advertensie is “slegs gemaak om selfhatende witmense te laat goed voel”.

Woedende kliënte het ook kommentaar gelewer op video’s wat op YouTube gepos is.

“Multikuluralisme het Amerika die afgelope 50 jaar in ‘n krotbuurt verander,” was een kommentaar.

Die feit is egter dat die Verenigde State oor geen amptelike taal beskik nie. Trouens, onder titel VI van die Wet op Burgerregte , kan dit as diskriminerend beskou word om toegang tot regeringsdienste of inligting aan individue met beperkte Engelse taalvaardigheid te voorsien .

Sestig miljoen mense in die VSA praat ‘n ander taal as Engels by die huis. Dit beteken dat vir elke 5 mense wat na die Superbowl kyk, ten minste 1 is waarskynlik ‘n taal praat wat nie Engels is nie.

Daar is 381 tale wat algemeen binne die Amerikaanse grense gepraat word. Die gewildste is Spaans, Frans , Duits, Chinees, Koreaans, Viëtnamees, en Arabies, volgens die jongste Amerikaanse opname.

Amerika was ook veeltalig lank voor Engels daar gepraat is. Van die 381 tale is 169 van hierdie tale inheemse Noord-Amerikaanse tale.

Terwyl die tale van die Amerikaanse inboorlinge dikwels buite rekening gelaat word, is daar nog 372,000 mense vandag wat daardie tale besig.

Baie van die stigterslede was veeltalig. John Adams, Thomas Jefferson, James Monroe, en John Quincy Adams al het verskeie tale gepraat. Van die 44 Amerikaanse presidente, kon ten minste die helfte ‘n ander taal as Engels skryf of praat.

En byna almal is boonop die produk van immigrasie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.