ANC verwelkom DA-optog na Luthulihuis

Deel op

luthuliDie ANC het die Johannesburgse landdroshof se besluit om toestemming aan die DA te gee om ‘n optog na sy hoofkwartier – Luthulihuis – te hou, verwelkom.

Die DA sou die optog vandag gehou het, maar het besluit om dit tot aanstaande week uit te stel.

Dit volg omrede die DA ‘n uitgerekte regstryd met die Johannesburgse metropolisie verwag het.

Die metropolisie het die DA vroeër toestemming geweier om die optog te hou, maar die landdroshof het dit ter syde gestel.

Die leier van die DA, Helen Zille beoog om sowat 6.000 betogers na die ANC hoofkwartier te lei om die regering se aandag te vestig op korrupsie en ‘n behoefte aan werkskepping.

Die ANC-woordvoerder, Jackson Mthembu sê die party respekteer die hofuitspraak en sal gereed wees vir die optog. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.