Petrolprys kan verder klim waarsku AA

Deel op

petrolprysDie petrolprys kan verder klim, het die Automobiel Assosiasie gewaarsku.

Die pryse van alle grade petrol sal Woensdag met 39 sent per liter styg, en nog ‘n styging word aan die einde van die maand verwag.

Die president van die Reserwebank, Gill Marcus, het verlede week gesê die swak rand wisselkoers het die petrolprys negatief geraak.

In Desember en Januarie is die prys met 55 sent per liter verhoog.

Die AA meen ‘n petrolprys van R16 per liter in die mediumtermyn is nie onmoontlik as die rand voortgaan om waarde te verloor nie.

Hulle het daarop gewys dat die rand tussen laat Desember verlede jaar en laat in Januarie vanjaar 85 sent teennoor die dollar verloor het.

Die afgelope tyd het die internasionale petroleumprys effens verstewig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.